Wil jy graag graphics leer, hier is 'n geleentheid vir jou bydra. Stuur ons jou bydra en ons vertoon dit hier. 'n Grafiese program is nie eenvoudig nie en neem tyd om te leer. Grafieke vir 'n webwerf moet eintlik nie in poster formaat wees nie, dit is old school en behoort op bome, pale en in koerante en tydskrifte. 'n Goeie graphic moet in sy geheel op 'n webwerf gesien kan word om enige boodskap of inligting effektief oor te dra. Wie wil nou die helfte van 'n TV program, fliek of tydskrif prentjie op 'n slag sien? Om elemente in die graphic in sy regte proporsies te sien moet dinge soos aspect ratios duidelik verstaan word anders lyk prentjies en logos maer of vet of soms rond as dit ovaal moet wees. Om dit eenvoudig te stel as mens die een sy van 'n foto 3 keer vergroot moet die ander sy ook 3 keer vergroot word. Byvoorbeeld as 'n foto 4cm by 3cm is en dit moet 3 keer vergroot word is die afmetings van die foto 4cm x 3 = 12cm by 3cm x 3 = 9cm. Die lettertipes (font) moet ook goed gekies word anders lyk dit soos iets wat vinnig met Microsoft Word vir 'n plaaslike koekbasaar gemaak is. Kleur kombinasies moet mekaar komplimenteer anders lyk die eindresultaat ook goedkoop, amateuragtig of kitch en weerspieël dit 'n besigheid of organisasie dalk heel anders as wat dit behoort te wees. So, om te verhoed dat potensiële kliente afgeskrik word doen bietjie moeite om 'n goeie produk te lewer. Anders is dit dalk wel hoe die organisasie, produk of diens is...














Home

Comments