Race Info‎ > ‎

2017-09-16 R1

 

   NA WEDREN 1

72 Deelnemers van George Motorklub, Oudtshoorn Motorklub, Cape Helldrivers , Tygerberg Raceway en Mega Oval het die openingsrondte van die seisoen op Kleinplasie bygewoon.

Vanaf JD van den Berg, Suzaan Bredenhann, Salmon Briel, Johan le Roux, Hank Els en Wilmarie Smit Els, 'n baie groot dankie aan elke liewe drywer en toeskouer wat gisteraand se openingswedrenne by Mega Oval Kleinplasie bygewoon het. Sonder toeskouers en deelnemers is daar nie 'n klub nie. Ons glo die aand was 'n sukses, ten spyte van die koue, dankie aan die drywers wat van ver kom deelneem het, Oudtshoorn Motorklub, George Motorklub. Dankie aan TRW vir julle gereelde ondersteuning en aan CHD se deelnemers en komitee lede wat die aand bygewoon het.

Ons klasborge wat getrou bydra tot die sport, Schalk Swart dankie vir die prysgeld van die Midgets en Jean Pierre Robberts vir die prysgeld vir Driver of the Day. Groot dank aan Salmon Briel vir die baan voor-bereiding. Dit was 'n puik baan met harde racing van die eerste vlag af. 
Nou lê die harde werk voor vir die dinee wat plaasvind op Vrydag 13 Oktober en die volgende wedren op 14 Oktober.